■ 300 g pasta van jou keuse
■ 5 repe spekvleis, gesnipper
■ 2 blikke (170 g elk) tuna, gedreineer
■ 100 ml mayonnaise
■ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
■ 1 blik (410 g) botterbone, gedreineer en goed afgespoel
■ 1 pakkie (100 g) ontpitte groen olywe, gedreineer en gehalveer
■ Groot hand vol geblansjeerde groenbone
■ 45 ml olyfolie
■ 45 ml vars suurlemoensap
Kook die pasta in vinnig kokende soutwater tot gaar, maar steeds ferm.
Terwyl die pasta kook, braai die spekvleisstukkies in ’n droë pan tot bros. Dreineer op kombuispapier en hou eenkant. Meng die tuna en mayonnaise, geur met sout en peper en hou eenkant.
Sodra die pasta gaar is, dreineer en meng met die spek, tuna-en-mayomengsel, bone, olywe en geblansjeerde groenbone. Meng die olie en suurlemoensap en drup dit oor die slaai. Meng alles liggies deur en sit voor. Lewer 4-5 porsies.