Pap
■ 310 ml hawermout
■ Sout na smaak
■ Klein stukkie vanieljepeul
■ 2 kardemompeule, liggies gekneus
■ 1 kaneelstok of 1 stuk kassia
■ 500 ml elk water en melk
■ 10 ml bruinsuiker
Gebakte vrugteslaai
■ 2 pere, ontkern en in wiggies gesny
■ 6 ferm vye, gehalveer
■ 3 pruime, gehalveer
■ 10 ml heuning
■ 1 kaneelstok
■ 45 ml water
Pap:
Verhit al die bestanddele baie stadig saam, terwyl jy roer, tot dit kookpunt bereik. Prut die pap vir 5 minute en hou aan roer. Bedek die kastrol en verwyder dit van die hitte. Laat staan die pap vir 5-10 minute.
Vrugte:
Voorverhit die oond tot 200°C. Sit die vrugte in ’n oondbak en bedruip met die heuning. Sit die kaneelstok en water by. Bak vir ongeveer 10-15 minute, tot die vrugte gaar is en daar ’n stropie onderin die bak gevorm het.
Skep die speserye uit die pap. (As die pap te dik is na jou smaak, roer ’n bietjie warm melk by.) Skep die pap in bakkies en sit dit voor met die vrugte. Drup van die vrugtestroop oor. Sit dadelik voor. Lewer 5-6 porsies.