Kaascroutons
■ 10 snytjies Franse brood
■ Olyfolie
■ 50 ml gerasperde parmesaankaas
Hoenderlewers
■ 1 houer (500 g) hoenderlewers, skoongemaak
■ 45 ml olyfolie
■ Sout en vars gemaalde swartpeper
■ 3 ml elk paprika
■ 3 ml droë brandrissievlokkies
■ Paar druppels Tabasco-sous
Knoffel-jogurtsous
■ 100 ml natuurlike jogurt
■ 15 ml suurroom of mayonnaise
■ 1 knoffelhuisie, baie fyn gekap
■ Sout en swartpeper na smaak
■ Vars suurlemoensap na smaak
Slaai
■ 4 repe bladspek, grof gesnipper en bros gebraai
■ 4 groot hande vol slaaiblare
■ 4-6 eiers, sag geposjeer, gebraai of gekook
Voorverhit die oond tot 200°C en voer ’n bakplaat uit met bakpapier.
Smeer elke snytjie Franse brood met ’n bietjie olyfolie. Pak op die bakplaat en sprinkel ’n lagie gerasperde parmesaankaas op elke snytjie brood. Oondrooster vir 5-7 minute, of tot die brood goudbruin en die parmesaan goed gerooster is. Laat afkoel.
Klits al die bestanddele vir die jogurtsous saam en hou eenkant.
Braai die hoenderlewers in die olyfolie tot gaar, maar nog effens pienk in die middel. Geur met sout en peper en sprinkel paprika, brandrissievlokkies en ’n paar druppels Tabasco-sous oor terwyl jy dit braai. Bedek en hou eenkant.
Meng die bros stukkies spek met die slaaiblare en verdeel tussen 4-6 borde. Verdeel die branderige hoenderlewers tussen die borde en krummel van die croutons grof oor. Sit ’n sagte eier op elke porsie slaai en sit voor met die knoffel-jougurtslaaisous. Lewer 4-6 porsies.