Kerriefrikkadelle
1 kg maer beesmaalvleis
1 ui, gerasper
1 wortel, geskraap en fyn gerasper
10 ml sout
3 ml swartpeper
3 ml steak-en-chop speserymengsel
3 ml gemaalde koljander
15 ml Worcestersous
2 Weet-bix ontbytbeskuitjies, fyngedruk
125 ml melk
1 eier, geklits
Olie, vir braai
Kerriesous
30 ml botter
Halwe ui, fyn gekap
60 ml koekmeel
15 ml kerriepoeier
15 ml suiker
30 ml asyn
125 ml blatjang
500 ml water
Meng die maalvleis, uie en wortel saam. Voeg die sout, peper, speserye en Worcestersous by en meng deur. Week die Weet-bix in die melk tot sag en voeg by die vleismengsel saam met die eier. Meng goed en rol in bolletjies. Verhit die olie in ‘n swaarboompan en braai die frikkadelle daarin tot goudbruin. Skep uit op kombuispapier en hou eenkant terwyl jy die kerriesous voorberei.
Voorverhit die oond tto 180°C.
Vir die sous:
Verhit die botter en braai die uie daarin tot sag. Meng die meel, kerriepoeier en suiker met die asyn, blatjang en water tot glad en voeg dit by die uiemengsel. Verhit tot kookpunt en prut liggies vir ‘n paar minute. Pak die frikkadelle in ’n oondbak en giet die sous oor. Bak vir 30 minute tot die sous lekker dik en geurig is. Sit voor op rys en bedien met pampoentert. Lewer 8-10 porsies.
Pampoentert
750 ml fyngedrukte, gaar pampoen (goed droog gekook en nie waterig nie)
125 ml suiker
5 eiers, geklits
125 ml room
45 ml koekmeel
5 ml fyn kaneel
1 ml neutmuskaat
Fyn kaneel, om af te rond
Voorverhit die oond tot 190°C en smeer ’n taamlik groot, vlak oondbak met botter of spuit met kleefwerende kossproei. Meng die pampoenmoes, suiker, eiers en room goed saam. Sif die meel en speserye oor en meng goed (dit sal ’n baie slap mengsel wees). Giet die mengsel in die voorbereide oondbak en bak vir 40 minute tot ferm en goudbruin. Sprinkel fyn kaneel oor en sit voor as bykos. Lewer 8 porsies.